Friday, 8 July 2022

Matrieks, hoe gaan jy hierdie week deurbring?


Matrieks, nou moet julle besef dat julle verby halftyd is. Elke man is verantwoordelik vir homself en daarom is dit nou die tyd om jou afspraak met die boeke na te kom. Julle het ekstra klasse, intervensieklasse en motveringsklasse gehad. 

Wat gaan jy met al daardie kennis en hulp doen?

Onthou,  daar is 'n tyd vir alles en dit is nóú die tyd vir ernstige studie. 

Astra castra numen lumen ...

Die Julie-deel van die vakansie is nog beskikbaar. Geniet dit. Rus goed uit, maar gebruik hierdie tyd tot julle voordeel. Jy weet mos hoe lyk jou rapport ...

Viva vakansiestudie!! 

Thursday, 7 July 2022

Wednesday, 6 July 2022

Dié wat heelmaak, laat gedy - Maretha Maartens

Medies en regte is natuurlik prestige-studierigtings. Geseënd is die ouer met 'n slim kind wie se kop net in één rigting staan: 'n eie mediese of regspraktyk. En so-so status van studente wat in hierdie millennium waarin almal veronderstel is om na die sterre te reik, kies om onderwysers te word.

Onderwys, vermoed ons mos, is maar 'n valerige joppie vir vaalsiele. Met hierdie voorveronderstelling gaan jy deur die lewe totdat jy op 'n grys dag in jou eie lewe begin bid vir die regte onderwyser vir 'n kind wat jou hart uit jou liggaam geruk het.

Eers het jou hart ook mos maar net gesit waar harte gewoonlik sit: stil en pynloos, onwaarneembaar en heel in die middel van jou borskas. Dan tref die spesiale kind jou lewe: 'n Kind wat jou hart laat bloei en breek - 'n kind wat wil-wil ontspoor of reeds ontspoor het, 'n kind met emosionele probleme, 'n sukkelkind, 'n pynlike skaam kind, 'n kind met letsels en beletsels, 'n kind wat moeilik verstaan, 'n huilkind en naelkoukind, 'n rolstoelkind, 'n kind wat elke seisoen van meet af aan moet leer swem, 'n wiskunde-verskrikte kind, 'n hartuitrukkind.

Skielik is jou hart buite jou borskas: rou en kloppend, seer en woedend en bewend. En dan, as jou gebede verhoor word, beland die kind wat jou hart uit sy plek geruk het, in die reënboog-aura van 'n gebore onderwyser, die merkwaardige individu wat sy of haar plek tussen die heiliges kan inneem. Hierdie heilige onderskryf die woorde van Ina Huges:

Ons (die onderwyser) aanvaar verantwoordelikheid vir kinders wat dit geniet om gekielie te word, wat met skoolskoene en al in die waterplasse sal rondplas, hul nuwe skoolklere bemors, kort voor aandete 'n verbode versnapering sal eet en nooit hul skoene kan opspoor nie.

Ons aanvaar ook verantwoordelikheid vir kinders wat nie nuwe skoene besit nie, wat in plekke gebore is waarin ons vir geen geld ter wêreld sou wou rondloop nie; wat nooit sirkus toe gaan nie en wat grootword in 'n milieu wat 'n X-gradering gehoort te dra.

Ons aanvaar ook verantwoordelikheid vir dié soort kind wat nooit nagereg kry nie, wat nie 'n kamer het wat opgeruim moet word nie wie se foto nêrens op enigiemand se lessenaar staan nie. Ons aanvaar verantwoordelikheid vir kinderss wat tussen werklike monsters leef.

Ons aanvaar verantwoordelikheid vir kinders wat al hulle sakgeld voor Dinsdag uitmors, tantrums in die supermark gooi, vol fiemies oor kos is, nie in die kerk stilsit nie.

Maar ons aanvaar ook verantwoordelikheid vir dié soort kind wie se nagmerries in helder daglig na hulle toe aankom; kinders wat enigiets sal eet, nog nooit 'n tandarts besoek het nie, wat honger ken soos wat ander fynproewerskos ken, wat hulleself aan die slaap huil.

Ons aanvaar verantwoordelikheid vir kinders wat rondgedra wil word en vir dié wat rondgedra móét word; vir kleintjies met wie ons die stryd net nooit gewonne gee nie en vir dié vir wie niemand 'n tweede kans gee nie.

Ons aanvaar verantwoordelikheid vir kinders vir wie ons kan stukkend druk, so oulik is hulle en vir 'n ander soort kind wat enigiemand wat genadige oogkontak maak, se hand sal gryp.

- Ina Huges, uit Engels vertaal, met aanpassings.

Op 'n onderwyssimposium in New York is gevra: "Watter eienskappe onderskei suksesvolle onderwysers van minder suksesvolle leerkragte?" Steve Rivkin van Amherst het gesê dat dit min of meer onmoontlik is om by die aanstelling van onderwysers waarborge vir sukses te identifiseer. Gevorderde opleidingskwalifikasies of werksondervinding is dit nie. Eric Hanushek van die Universiteit van Stanford beweer dat die antwoord op hierdie vraag soos die Heilige Graal - die beker waaruit Jesus by die laaste Awendmaal gedrink en waarin Josef van Arimatéa sy bloed volgens die oorlewering van die kruis sou opgevang het - is. "Dit is die moeite werd om die antwoord te probeer vind,"sê Hanushek, "maar ek twyfel of dit ooit gevind sal word. Miskien het ons met oorerflikheid te doen. Miskien word sekere individue gebore om uitsonderlike onderwysers te wees."

As so 'n onderwyser eers jou en jou kind se hart heel gemaak het, as so 'n onderwyser jou kind lank gelede gehelp het om te glo hy kan 'n dokter of 'n regsgeleerde word, 'n suksesvolle entrepreneur of die beste tromspeler wat enige orkes kan begeer, salueer elke toegewyde onderwyser wat môre elke soort kind onder die son in die klaskamer gaan ontvang.

[Bron: Goeiemôre, Volksblad - internet]

Ventersburg Camp: Day 3



Photo: Caryn Petersen

Woensdag-waardes

Tuesday, 5 July 2022

2022: Wyshede en waarhede


Ventersburg Kamp: Dag 2



Die kaart van Ventersburg is net om Tekkie Tonic se oorsese lesers op datum te bring sodat hulle presies weet waar die sentrum van kennis in die Vrystaat is. Ek kan op julle foto, sowel as op die kaart sien dat dit baie koud is - die kaart is eintlik blou van die koue ...

Gebruik al die vars lug tot julle voordeel - haal diep asem en maak die gratis suurstof in die lug deel van julle studieprogram. Viva kennis!

Foto's: Musa Memela, Caryn Petersen

Monday, 4 July 2022

Ventersburg Camp: Day 1



Photo: Caryn Petersen

Maandag-motivering

Die reis van 'n duisend myl begin met 'n enkele tree." - Lao Tzu

Sunday, 3 July 2022

Ventersburg Camp: Did you know ...




25 of our maths learners have been selected for a 1 week intervention camp in Ventersburg ... good luck boys. You must be masters in maths, science, EGD and English when you come back.

Photos: Eugene Rodgers

What are some of the negative side effects of too much screen time?

  • Physical strain to your eyes and body.
  • Sleep deprivation.
  • Loss of cognitive ability.
  • Impaired socialising skills.
  • Weakened emotional judgement.
  • Susceptibility to chronic health conditions.
  • Delayed learning in young children.
  • Learning. One study found that kids and young adults who spend a lot of time on TV and video games were twice as likely to suffer from attention disorders. “Anything that affects attention affects learning,” says Victoria Dunckley, an integrative child, adolescent and adult psychiatrist and author of Reset Your Child’s Brain.

Sunday thoughts: An opportunity ...

Saturday, 2 July 2022

Sinne: Uit gr. 12 opstelle 2017 - wyse woorde

['n Paar sinne uit ou opstelle om vir julle 'n paar idees te gee - lees gerus hierdeur!]

My toekoms begin vandag.
(Itumeleng Khauoe) 

My toekoms begin by my.
(Itumeleng Khauoe)

Ek het vandag die keuse om my droom te vervul of weg te gooi. 
(Malefane Masoetsa)

Harde werk verseker 'n goeie toekoms.
(Monde Nyamende)

My toekoms is nie net my toekoms , maar dit is my lewe.
(Neo Tsomela)

My toekoms moet my ouers trots maak.
(Neo Tsomela)

In 'n gesin het jy altyd 'n plek, al is dit winter in jou hart.
(Anoniem)

My meisie het my hart in twee stukke geskeur.
(Anoniem)

My familie is baie diep in my hart. Vir hulle sê ek elke dag dankie.
(Anoniem)

Die hand wat gee, is ook die hand wat geseënd is.
(Kopo)

Dit maak nie saak of jou geliefdes hulle rug op jou draai nie, jy moet nooit opgee nie.
(Kopo)

Dit maak nie saak of jy dit alleen doen nie, fokus net om jou doel te volvoer en dan sal mense eendag terugkyk.
(Anoniem)

Sy vriende het hulle rug op hom gedraai.
(Anoniem)

[Gaan loer gerus HIER en lees ook "Labelling ..." en "A Difference In Opinion ..."]

Friday, 1 July 2022

Reading is power


When you as a parent or a teacher work to create a reading culture, you’re not just supporting your kid's academic progress, you are also giving them a gift which will last far beyond their school days – the gift of imagination and creativity – and a love of reading.

1. Introduce DEAR to your classroom (DEAR = Drop Everything And Read)

2. Be a reading role model

3. Read books in different subject areas

4. Explore a variety of genres

5. Create individual classroom libraries

6. Create reading nooks across the school

7. Engage with authors

8. Set reading challenges with prizes

9. Celebrate book-themed days

10. Get your students to recommend books to one another

[For futher information click HERE]

Wise words ...

Wednesday, 29 June 2022

Monday, 27 June 2022

Orgideë lok glo geluk ...

Blomme praat 'n taal van hul eie, en hulle wat blomtaal verstaan, weet dat blomme o.a. vriendskap, vrede, liefde, dankbaarheid, simpatie geloof, nederigheid, veiligheid en harmonie simboliseer. En as 'n mens die mense wat weet kan glo, is orgideë plante wat geluk lok.

Rika, met bogenoemde in ag genome, wens ons by HTS vir jou goeie geluk vir die toekoms toe.

[Gaan loer HIER vir spanboufoto's!]

Maandag-motivering

"Verander jou wonde in wysheid." - Oprah Winfrey 

Thursday, 23 June 2022

A special thanks to the committee



A big thank you to Johan Herbst, Riana Crauwcamp, Tyrell Bazley and Erick Litjamela for treating us to a wow staff development and team building session. We had a lot of fun and we really enjoyed all the activities, the prizes and the food provided. Thank you for all your hard work these past 2 days. Great work!

Viva Tekkies!

[Click HERE]

Wednesday, 22 June 2022

Uit die mond van die jongeling sal jy die waarheid hoor ...

Kinders kan soms met die mees ongelooflike wyshede na vore kom. Miskien is dit die rede hoekom wyshede uit die kind se mond ‘n mens soms so kan verbaas - juis omdat jy dit nie verwag nie. Of dalk omdat die impak van die eerlikheid jou lank later nog tot nadenke stem.

Maandagoggend het pastoor Joshua die opening in die personeelkamer waargeneem. Sy dogtertjie van 7 het haar arm gebrand en moes dit gevolglik baie stil hou. 'n Maandagoggend begin maar altyd blou in 'n huis met klein kindertjies en in hierdie geval is dit geen uitsondering nie. Dié betrokke oggend moes sy haar taak skool toe vat, maar siende dat sy net een "werkende" arm het, en sy dié moes gebruik om die wielietjietas te sleep, gee pastoor sy 11-jarige seuntjie opdrag om die taak vir sy suster te dra. In geen onduidelike lyftaal, hangende skouers, opgeblaasde wange en oë waarin onbereidwilligheid boekdele spreek, sê hy dat hy dit nie kan doen nie. Een van die verskonings was dat sy tas baie swaarder as sy suster s'n is en dat hy reeds verantwoordelik vir sy eie taak is. 

Met die beperkte tyd in die oggend wat elke ouer het om partykeer wonderwerke met onwillige kinders te doen, vra hy vir Amo wat Jesus in hierdie geval sou doen? En sonder huiwering sê hy dat Jesus vir Botle gesond sou maak, sodat sy haar eie projek skool toe kan vat ...

Woensdag-waardes

Tuesday, 21 June 2022

Die hartedief van die skool ...


Iemand wat iets steel, is 'n dief, maar iemand of iets wat harte steel, is 'n hartedief. Die afgelope maand loop daar 'n hartedief op vier bene by die skool rond en as Croukies nie waaksaam gaan wees nie, gaan Rommel hom inruil. Rommel het agtergekom dat hy nie 'n poot voor die ander hoef te sit, as van die dames in die omgewing is nie - hy sit lekker gerieflik op iemand se arm en bekyk die wêreld vanuit die hoogte. 

Op hierdie stadium is Rommel se domein die finansiële kantoor, waar hy 'n wakende oog oor die besoekers kan hou, as hy nie so gereeld indommel nie. 

Ons hier by die redaksie wil nou nie slapende honde wakker maak nie, maar ons het egter hond se gedagtes oor hierdie nuwe toevoeging tot die Crauwcamp-huishouding. Almal ken die uitdrukking: "Kommandeer jou eie honde en blaf self."  Ons vermoed egter Rommel het hierdie uitdrukking sy eie gemaak en dit aangepas ... dalk iets soos: "Kommandeer jou eie mense en gee bevele."

Happy half year

Monday, 20 June 2022

Rika, die wiskunde departement gaan jou mis ...

Klik HIER vir foto's

Maandag-motivering

“Dit is nie waar jy vandaan kom nie. Dit is waarheen jy gaan, wat tel.” - Ella Fitzgerald

Saturday, 18 June 2022

Happy Father's Day to our caring teachers ...

“On the occasion of Father’s Day, we wish all our male teachers warm wishes on Father’s Day for all the love they have showered us with each and every day.”

AND ... 

Warm wishes to our new Principal. We are happy that we have a principal like you who always supports and appreciates us in life.

Father's day: Fathers are gifts from the universe ...

God's truest reflection in human form is a father ...  just as He is love, so are our fathers. 
Their love is sacrificial as they go out their way to provide comfortable lives for their families with all needs catered for.
They strive to be the best at everything so they can be inspirations to their offspring.
Their love has a gentle side to it too, this is seen through the magic of a father and child bond.
A few moments spent with them feel like a lifetime.
Just as the "fruits" are derived from the "father", the precious gems derive their beautiful souls with amazing capabilities from their fathers.
Even when no more, a father's legacy continues throughout a generation, they are the gift that keeps on giving.
Fathers who are active and present even from the other side deserve all recognition and adoration too. They are gifts from the universe ...
[Thank you, Shaun.]

Friday, 17 June 2022

Leer ken die mens agter HTS se nuwe hoof

Gaan loer in hierdie week se Vista na die interessante artikel oor mnr. Rodgers. Klik HIER vir die artikel.

Essay examples


Click HERE for a few easy essay examples. This will help you with paper 3. Enjoy!

Thursday, 16 June 2022

Youth day: What can we learn from the youth of 1976?

Me Mimi Makgitla:
one of the youth!
Youth Day is celebrated annually on 16 June as a reminder of the importance of the youth and their voices. Being a young person in South Africa is different for everyone, and there are a lot of factors influencing it. 

What Can We Learn From The Youth Of 1976?

Collaboration is important ...
Women can lead ...
It is important for you to have an engaging voice ...

Happy youth day

Shaun Mmutsi
"Look at the sun, look how it shines for you." 

It's no secret that the world cares very little about young people even if we are the leaders of tomorrow. This is why if you ever want to be great  it has to start within you.  This goes to students specially. Ensure in your years of school you take advantage of any opportunity to acquire skills and good networking for your future for being skilled is one thing, securing a good life that benefits those around you as well is a different curriculum. Happy youth day.

Wednesday, 15 June 2022

Opening met 'n verskil

Me Alexander het 'n spesiale opening vir die Tekkie-personeel in gebaretaal gehou. Dankie, me Alexander dat jy ook vir ons 'n kykie in die wêreld van die gehoorgestremde gegee het. Klik HIER om na die video te kyk. Besoek gerus ook HTS se FB om op hoogte te kom van al die gebeure. 

Woensdag-waardes

Monday, 13 June 2022

Maandag-motivering

“Laat geen steen onaangeroer nie.” - Euripides