Monday, 1 September 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Onderwyser: "Klas, vanoggend gaan ons net 'n halwe dag skool hê."
Klas: "Jippieeeee!!"
Onderwyser: "Ons gaan vanmiddag die ander helfte hê." 

*  Wat is die definisie van 'n pessimis?
'n Optimis met ervaring.

* Waarom hou sakemanne so baie van gholf?
Omdat elke hou iemand tevrede stel.

Saturday, 30 August 2025

Bursaries 2026: Career Wise


Funding your studies at a tertiary level is very expensive, which remains one of the biggest challenges to the youth around the world achieving their dreams and changing their home situation. The most popular types of funding for tertiary studies include: bursaries, scholarships, and student loans.

Click  HERE  for all the information!

Thursday, 28 August 2025

Dink hieroor: Vervang Negatiewe Gedagtes

Om negatiewe gedagtes te vervang is nie maklik as jy nog in die skool is nie. Almal rondom jou kla. Die kinders omdat die huiswerk te veel is en die toetse te veel en te moeilik. Die onderwysers kla omdat die huiswerk afgeskeep word en die toetspunte so swak is.
Dis egter nie 'n verskoning nie ... As jy ‘n negatiewe gedagte het, vervang dit dadelik met ‘n positiewe een. 
Byvoorbeeld, as jy dink: "Ek het te min vir my toets geleer." Verander die gedagte: "Ek moet vir die volgende toets beter beplan en meer leer."
"Ek kan dit nie doen nie," verander dit na "Ek sal my bes probeer."

Wednesday, 27 August 2025

Bursaries 2026: Toyota SA Motors Bursary Programme for 2026


Toyota SA Motors invites suitably qualified applicants to apply for their Bursary Programme for 2026. 

The closing date for applications is the 30th September 2025!!


Click  HERE  for all the information!

Tuesday, 26 August 2025

Monday, 25 August 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Ekonomiese definisies:
Resessie - wanneer jou buurman sy werk verloor.
Depressie - wanneer jy jou werk verloor.
Ekonomiese herstel - wanneer die minister van finansies sy werk verloor.

* Studente kan ook té logies dink. 'n Voornemende ingenieur word in die eksamen gevra watter stappe hy sal doen as die drukmeter in 'n stoomketel heeltemal by die rooi gevaarmerk verby is en die watermeter toon dat die stoomketel byna leeg is.
Hy het geantwoord: "Baie langes."

*  Waarom hou mans van BMW's?
Hulle kan dit maklik spel.

Thursday, 21 August 2025

Think about it: Poor sportsmanship ...

Team members with poor sportsmanship learned from their parents to be toxic and it is not acceptable. The goal should be to teach them to only ever encourage and raise their teammates up.
Self centered and self absorbed comparison of self to others in order to make self look better only fosters negativity and intentional hurt.

[Nicole LeCompte]

Wednesday, 20 August 2025

Bursaries 2026: StudyTrust - Bursary Management | Student Mentorship | Talent Development


StudyTrust is an educational trust and public benefit organisation established in 1974, that connects learners with potential and determination to bursaries and scholarship opportunities.
The closing date for applications is the 30th September 2025!!
Click  HERE  for all the information!

Tuesday, 19 August 2025

Kom loer gerus by Tekkies se FB in

Klik HIER vir nuus op die Tekkiewerf ! 

Monday, 18 August 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Pessimiste sien net die donker tonnel vol politieke en ekonomiese probleme waarin ons beland het. Die optimis, daarenteen, sien die lig aan die einde van die tonnel.
Die realis sien die donker tonnel, die lig in die verte, asook die volgende tonnel.

* Hoe noem 'n mens 'n Honda met een sitplek?
Ballade vir 'n enkeling.

* 'n  Klein seuntjie het vir sy oupa gevra of hy bang is vir 'n spook.
"Nee, ou seun," antwoord die oubaas.
"Sal oupa sowaar kans sien om een te groet?' wou die knaap weet.
"Natuurlik, as hy nie omgee om so in die hardloop te groet nie."

Saturday, 16 August 2025

Bursaries 2026: Old Mutual bursary


Every year, Old Mutual bursary gives an opportunity to bright minds to study at a prestigious university in South Africa.

Click  HERE  for all the information!

Friday, 15 August 2025

How should learners behave at school?

* Respect:
Always address teachers politely and follow classroom rules.

* Engagement: Participate actively in class discussions and activities.

* Communication: If you have concerns or questions, approach teachers respectfully.

* Responsibility: Complete assignments on time and be prepared for class.

Thursday, 14 August 2025

Dink hieroor: Gebruik jou negatiewe gedagtes positief

Om jou manier van dink te verander, is ‘n kragtige manier om jou lewe te verbeter. Dit gaan nie net oor positiewe denke nie, maar ook oor hoe jy die negatiewe gedagtes in jou lewe hanteer. Gebruik jou omgewing, familie en maats om jou gedagtes nuut te vorm en jou perspektief op die lewe te verander. Begin NOU!!

Wednesday, 13 August 2025

Bursaries 2026: IITPSA Bursary Programme for 2026


The Institute of Information Technology (IITPSA) invites suitably qualified applicants to apply for their Bursary Programme for 2026.

The closing date for applications is the 30th September 2025!!


Click  HERE  for all the information!

Monday, 11 August 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* 'n Personeellid het 'n verslag vir die direksie geskryf.
'n Kollega wat sy oog op die skrywer se pos gehad het, wens hom toe geluk met die woorde: "Jou verslag is baie goed. Wie het dit vir jou geskryf?"
Die skrywer van die verslag is ook nie links nie en kap terug: "Dankie vir jou positiewe kommentaar. Wie het dit vir jou gelees?"

* Gehoor van die sakeman wat in die oggendkoerant van sy eie dood gelees het?
Hy bel dadelik sy makelaar op en vra hom of hy ook die berig gesien het.
"Ja, ek het," antwoord die makelaar. "Waarvandaan bel jy?"  

* 'n Man het eendag in die middestand van Johannesburg verdwaal. Hy vra toe 'n verbyganger hoe hy by die bepaalde gebou in die stad kan uitkom?
Die man het eers dié kant toe, dan daardie kant toe beduie. Einde ten laaste sê hy: "Meneer, as u soontoe wil gaan, moet u nie eintlik hier begin nie."

Sunday, 10 August 2025

Saturday, 9 August 2025

Statistiek: Dankie vir 317 000 e-besoeke!

Women's Day


"A strong woman stands up for herself. A stronger woman stands up for others"

In Loving Memory ...


It is with deep sadness that we share the heartbreaking news of the passing of one of our learners.
Lesego touched the lives of many with his warm smile, gentle heart, and positive spirit. 

As a school, we mourn this great loss and extend our deepest condolences to the family, friends, and all who knew and loved him. May his memory be a blessing, and may we all find comfort in the moments we shared with Lesego.

Our thoughts and prayers are with his family and loved ones during this incredibly difficult time. The HTS staff and community mourn with them and offer our deepest condolences.

May his memory live on in our hearts.

Friday, 8 August 2025

Terugblik Vrydag: Ontmoeting met Andrei Ignatenko wat ook HTS besoek het

8 Augustus 2016

Ek plaas hierdie ter wille van al my oudleerlinge van 1994 tot so 1998, asook familie en vriende, wat vir Andrei Ignatenko (андрей игнатенко) kan onthou. Ek het so paar dae terug verneem dat Andrei oorlede is op die jong ouderdom van 60. Dit is eintlik so tragies, want hierdie man het 'n reuse indruk op my gemaak. Ek en Alda was só bevoorreg om baie keer met hom hier in SA te kon kuier, asook in Rusland.

Vir my oudleerlinge wat aan hom blootgestel is: Julle was nét so bevoorreg om hom vele kere by ons debatsgeleenthede te kon beleef. 'n Rus wat Afrikaans kon praat en só goed daarin was dat hy selfs die humor en idiomatiese taal uitstekend hanteer het. Miskien onthou julle hoe hy vertel het dat hy 'n spontane belangstelling in Afrikaans ontwikkel het terwyl hy Nederlands bestudeer het aan die Lomonosov Universiteit in Moskou. Sy dosent het hom vertel dat daar aan die suidpunt van Afrika 'n taal genaamd Afrikaans is wat amper soos Nederlands klink. Toe leer hy vanself Afrikaans aan, het hy vertel. Daar was uiteraard omtrent geen bronne nie; wel 'n paar Afrikaanse koerante in die biblioteek. Maar studente moes spesiale toestemming vra om dit te lees, aangesien dit as verbode materiaal verklaar was. Onthou - dit was nog die tye van die Koue Oorlog en die USSR (Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke)! Die Berlynse Muur het ook nog gestaan. Later het Andrei, ná die amptelike val van kommunisme, 'n beurs gekry om hier by die Vrystaatse Universiteit Afrikaans te kom studeer en teen die einde van 1994 het hy sy meestersgraad voltooi wat gehandel het oor die vertalingsaspekte tussen Russies en Afrikaans. Ek en Alda het hom gaan opsoek en dis hoe dit gebeur het dat ons ons leerlinge se wêreld groter kon maak deur middel van kontak met Andrei.

Hy was 'n hele paar keer in SA met sy studente en een keer het hy en Irina Egorowa 'n hele paar dae hier by ons aan huis gekuier. Soos altyd was Andrei 'n interessante gas gewees! Irina het baie goed by Andrei geleer en haar Afrikaans was baie goed gewees. Ook 'n sjarmante meisie! Ek en Alda het nagte omgesels met hulle twee. Andrei het vele interessante stories oor Rusland vir ons vertel en selfs vir ons Russiese liedjies gesing en die volksverhale daaragter vertel. Ons was in 1995 by hom in Moskou en kon dus die kontekste goed verstaan.

Hierdie kuier in Moskou het gebeur omdat ons deel was van een van die eerste toergroepe wat Rusland besoek het ná die wedersydse demokratisering van die Russiese Federasie (nie meer USSR nie) en Suid-Afrika. Larissa, Andrei se vrou, het in die toeristebedryf gewerk en sy het ons op 5 Julie 1995 op die Sheremetyevo-2-lughawe in Moskou binne die doeanegebied kom ontvang. Sy het soos familie gevoel want die taalprobleem was onmiddelik opgelos omdat sy baie goed Engels praat. Andrei het heerlik by ons toergroep ingeskakel en wanneer daar vrye tyd vir ons was, het hy vir my en Alda op persoonlike uitstappies geneem. So, ons het eintlik 'n toer binne 'n toer beleef en BAIE ander goed beleef wat gewone toeriste nie gedoen het nie. Dit was só spesiaal! Andrei en Larissa het ons ook op 'n heerlike Russiese tafel (aandete) getrakteer. Russiese beetsop, bier uit Bulgarye, rooiwyn uit Oekraïne, frambose uit die woude en heerlike vleis. Watter kosbare herinneringe het ek en Alda nie aan hierdie besondere man nie. Dit was vir my baie treurig om te hoor dat hy oorlede is.

Henry Welman

What are the qualities of a good learner?

* Strong work ethic
* Time management skills
* Active participation
* Effective study habits
* Self-motivation
* Responsibility and accountability
* Adaptability and flexibility
* Teamwork and collaboration

Remember:
Mastering only the academy accolades and merits doesn’t constitute the qualities of a good learner. By embracing the above qualities diligently, learners can build a robust foundation for their future endeavors.

Thursday, 7 August 2025

Think about it: Luck?

Frank Carbajal: "There is NO such thing as luck. It's just hard work meeting opportunity!"

Wednesday, 6 August 2025

Bursaries 2026: Investec Tertiary Bursary Programme



Investec tertiary bursary programme in partnership with StudyTrust, provides the funding for young South Africans with academic potential get to university.

Click  HERE  for all the information!

The closing date for applications is the
30th September 2025!!

Monday, 4 August 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Twee op-en-wakker kassiere van 'n bank merk twee uiters verdagte mans op wat die lokaal van hoek tot kant staan en bekyk. Selfs die plafon is noukeurig bestudeer.
"Kom ons neem 'n veiligheidsfoto," het die een net-net hoorbaar aan die ander een gesê.
Maar haar woorde het nie die verdagtes ontglip nie.
"Nie nou nie, asseblief," sê die een, "die kameras is stukkend. Ons het hulle gou kom regmaak."  

* Hoeveel suksesvolle spronge moet 'n valskermspringer voltooi voordat hy bekwaam geag word?
Almal.

* Verkeerskonstabels het ook hulle probleme. Eendag het een 'n man voorgekeer wie se motor in 'n treurige toestand was.
"Noem jy hierdie wrak 'n motor?" snou hy die bestuurder vies toe.
"Nooit," antwoord die man, "anders sou ek vir my al lankal 'n rybewys probeer kry het."

Saturday, 2 August 2025

Bursaries 2026: How to write a Bursary Motivational Letter


Top tips for writing a Bursary Motivational Letter

* Be genuine when describing your financial need
* Be sure to include both the institution and course you are in
* Describe the goals you have (educational and future career prospects)
* Make the letter personal and not generic
* Ensure the recipient that you will meet all the requirements of the programme
* Use language that is professional and polite
* Be sure to include your necessary academic results and documents
* Enclose both the application form and its supporting documents
* Keep a formal tone with all your content
* Be precise
Click  HERE  for all the information!

Friday, 1 August 2025

What is an ideal learner?

Ultimately, the ideal learner is someone who is motivated, engaged, and interested in learning, and who is able to apply their knowledge and skills in meaningful ways.

An ideal learner motivates other learners and maintains a positive atmosphere around them. Everybody appreciate an ideal learner not because of the scores but for his or her behaviour and attitude towards elders.

Tekkies:
* Look sharp!
* Act right!
* Be proud!

Thursday, 31 July 2025

Think about it: Successful in life ...

Jocker Wilson: "I've coached a long time and I do not focus on winning games as the primary objective. I focus on building great young men. Teaching them the tools to be successful in life. Tools to not only become a better athlete, but a better person too. If you do this the right way, and teach kids these things and everything you know about your sport, the wins come naturally."

Wednesday, 30 July 2025

Bursaries 2026: DALRRD-undergraduate Bursary Programme for 2026



The Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD) is giving you a chance to make that dream come true.


The closing date for applications is the 30th September 2025!!
Click  HERE  for all the information!

Tuesday, 29 July 2025

Monday, 28 July 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Gehoor van die blommeverkoper wat 'n man op straat voorgekeer het met die voorstel om 'n bos blomme vir sy meisie te koop?
"Ek het nie 'n meisie nie," is sy reaksie.
"Maar koop dan 'n bos blomme vir jou vrou," antwoord die blommeverkoper.
"Ek het nie 'n vrou nie," is sy antwoord.
"Nou koop dan twee bosse blomme vir jou geluk."

* 'n Taxibestuurder vervoer eendag 'n jong man, die seun van 'n baie bekende ryk man. Die jong man gee hom 'n goeie fooitjie toe hy afklim.
'n Week later vervoer die taxibestuurder die jong man se pa, maar dié gee hom geen fooitjie nie. Die taxibestuurder het dadelik sy ontevredenheid laat blyk.
"Jou seun het my dan so 'n goeie fooitjie gegee," kla hy.
"Ja, maar hy het 'n ryk pa," antwoord die ryk man.

* 'n Nuweling daag vir sy eerste werkdag op.
Sy werkgewer wag hom in en verwelkom hom. Hy vra toe vir die jongeling of hy weet wat die leuse van die onderneming is.
"Ja, ek weet. Dit is Stoot."
"Wat laat jou dit dink?" vra die baas.
"Dit staan op die deur," antwoord die nuweling.

Thursday, 24 July 2025

Think about it: Champions ...

Bill Walsh:  "Champions behave like champions before they are champions."

Wednesday, 23 July 2025

Bursaries 2026: Toyota SA Motors Bursary Programme for 2026


Toyota SA Motors
 invites suitably qualified applicants to apply for their Bursary Programme for 2026. 

The closing date for applications is the 30th September 2025!!


Click  HERE  for all the information!

Tuesday, 22 July 2025

Kom loer gerus by Tekkies se FB in


 Klik HIER vir nuus op die Tekkiewerf !

Monday, 21 July 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* 'n Skoolinspekteur het besoek aan 'n skool se godsdiensklas gebring. Hy vra toe vir Jannie wie vir al die skade aan Jerigo se mure verantwoordelik was. Jannie sê hy weet nie. En nie een kind in die klas kon die vraag beantwoord nie. Ook nie die onderwyser nie.
Toe die inspekteur by die skoolhoof kom, vertel hy hom dat niemand weet wie vir die skade verantwoordelik was nie en dat dit sekerlik nie 'n aanvaarbare toestand is nie. Waarop die hoof antwoord: "Moenie so bekommerd wees nie. Kry net vir my drie kwotasies en ek sal sorg dat die mure herstel word."  

* n Man wat suksesvol om 'n senior pos by 'n klein onderneming aansoek gedoen het, hoor van sy nuwe baas dat sy salaris 'n miljoen rand per jaar sal wees.
"Hoe kan so 'n klein onderneming bekostig om my soveel te betaal?" wil hy weet.
"Dit is jou eerste probleem," antwoord die werkgewer.

* Die dosent in die optometrie wou die boodskap aan sy studente tuisbring dat jy in die dae wanneer dit minder goed gaan met die ekonomie,maar moet sorg dat jy elke moontlike sent uit die kliënt kry:
As jy byvoorbeeld 'n bril verkoop, sê jy aan die kliënt: Dit sal R2000 kos."
Dan bly jy 'n omblik stil. Kyk of hy frons.
As hy nie frons nie, sê jy: "Vir die raam."
Dan wag jy weer. As hy geen reaksie toon nie, sê: "Die lense sal 'n bykomende R2000 wees."  
Wag weer 'n oomblik. As hy nog steeds nie 'n oog trek nie, voeg jy by: "Elk."  

Thursday, 17 July 2025

Think about it: A mistake?

Dean Smith: "
What do you do with a mistake? recognize it, admit it, learn from it, forget it!"