Vrae in die klas:
* Geografieklas:
Vraag: Wat veroorsaak getye in die see?
Antwoord: Die getye is 'n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die maan nie. Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.* Afrikaanse klas
Juffrou vra vir Jannie om 'n sin te maak met die woord "oomblik."
Jannie dink 'n bietjie en sê: "Juffrou, wat sê die klein blikkie vir die groot blikkie? Goeie môre, Oomblik!"
* Afrikaanse klas:
Vraag: "Kan 'n mens die woord DEUR gebruik en trappe van vergelyking daarmee maak?"
Een van die kinders se antwoorde was: "Ja, meneer. Deur, dwarsdeur, anderkant uit, m*** toe!"








in the comments!


















