* 'n Personeellid het 'n verslag vir die direksie geskryf.
'n Kollega wat sy oog op die skrywer se pos gehad het, wens hom toe geluk met die woorde: "Jou verslag is baie goed. Wie het dit vir jou geskryf?"
Die skrywer van die verslag is ook nie links nie en kap terug: "Dankie vir jou positiewe kommentaar. Wie het dit vir jou gelees?"
* Gehoor van die sakeman wat in die oggendkoerant van sy eie dood gelees het?
Hy bel dadelik sy makelaar op en vra hom of hy ook die berig gesien het.
"Ja, ek het," antwoord die makelaar. "Waarvandaan bel jy?"
* 'n Man het eendag in die middestand van Johannesburg verdwaal. Hy vra toe 'n verbyganger hoe hy by die bepaalde gebou in die stad kan uitkom?
Die man het eers dié kant toe, dan daardie kant toe beduie. Einde ten laaste sê hy: "Meneer, as u soontoe wil gaan, moet u nie eintlik hier begin nie."