* Twee op-en-wakker kassiere van 'n bank merk twee uiters verdagte mans op wat die lokaal van hoek tot kant staan en bekyk. Selfs die plafon is noukeurig bestudeer.
"Kom ons neem 'n veiligheidsfoto," het die een net-net hoorbaar aan die ander een gesê.
Maar haar woorde het nie die verdagtes ontglip nie.
"Nie nou nie, asseblief," sê die een, "die kameras is stukkend. Ons het hulle gou kom regmaak."
* Hoeveel suksesvolle spronge moet 'n valskermspringer voltooi voordat hy bekwaam geag word?
Almal.
* Verkeerskonstabels het ook hulle probleme. Eendag het een 'n man voorgekeer wie se motor in 'n treurige toestand was.
"Noem jy hierdie wrak 'n motor?" snou hy die bestuurder vies toe.
"Nooit," antwoord die man, "anders sou ek vir my al lankal 'n rybewys probeer kry het."