Thursday 15 February 2018

Nothemba

Ek skryf vir jou 'n gedig
sonder 'n punt,
maar vol liefde,
want my liefde
vir jou
sal nooit ophou nie!!

Jy is my alles
my hoop
my pel
die rooiste boom in my boomtuin...
my lig in my pikswart donker dae...

Ek bel al my vorige meisies
net om dankie te sê...
dankie vir die plek,
dat jy in my lewe kon kom

Hierdie gedig sal nooi kan sê
hoe lief ek vir jou is nie!

Kyk!!
     Sien my liefde vir jou!

          Eintlik...
               is jy my hart in menslike vorm!


(Kanya Gojo)