Saturday 17 February 2018

Boodskap van voorsitter!


HTS se leierspan beplan om hierdie jaar positiewe insette wat baie meer behels as net diensdoen tydens pouses, te maak. Die afglope week was alle leiers (VRL en matriekraad) op ‘n leierskamp. Deel hiervan is om seker te maak dat elke leerder toegerus is vir hul belangrike taak.

HTS is met reg opgewonde oor hierdie groep leiers. Baie idees is al op die tafel gesit en tydens die afgelope kamp is daar sommer deurnag beplanning gedoen. Dankie aan mnr. Pule Mokhali wat ons in hierdie verband gehelp het

Hierdie leiers wil 'n verskil, 'n sigbare verskil in 2018 in ons skool maak.

Om 'n leier te wees is nie altyd die maklikste werk op aarde nie. Die leerders wil nie saamwerk nie en die onderwysers verwag dat resultate gouer sigbaar moet wees. Tussen hierdie twee pole is die leier...

'n Leier het minder tyd vir rondspeel as sy vriende. 'n Leier moet 'n voorbeeld stel en dit is die moeilike deel. Leierskap verg soms dat jy stukkies van jouself moet opoffer en soms ook goeie vriende moet prysgee in die proses, omdat 'n mens altyd die regte keuses moet maak.

2018 se leiers het 'n moeilike taak, maar hulle is gelukkig 'n groep leerders met vele talente wat mekaar kan bystaan en ondersteun.

Baie baie sterkte aan elkeen van julle. Sien julle by ons volgende vergadering oor twee weke, met emmersvol planne!

Kanya Gojo
(VRL-voorsitter)