Thursday 25 April 2019

Alex Manise se passie ...

'n Mens se droom is dikwels jou passie, of omgekeerd. Alex se passie en droom loop hand aan hand. Sy passie vir debat het vir hom 'n plek in die SA-skoledebatspan besorg. Die kersie op die koek is dat hy aan die internasionale debatskompetisie in Tseggië kan gaan deelneem, maar tussen hier en daar is daar 'n R24 000 brug wat moet oor!

Daar word 'n vriendelike beroep op "brugbouers" gedoen om hierdie talentvolle debateerder te help om sy droom te verwesenlik.

Kontak gerus die skool in hierdie verband: 057 3523255