Wednesday 19 January 2022

Kleurebyeenkoms

Raak betrokke en neem deel. Na twee jaar van sit en rus by die huis, is dit tyd om Covid-skoon te kom.

Rek, strek en hardloop moet deel van jou 2022-woordeskat word. Ons weet goed hoeveel voordele oefening vir jou fisiese gesondheid inhou – dit hou jou gewig in toom, verminder jou risiko vir hartsiekte en tipe 2-diabetes, en bied selfs beskerming teen party tipes kanker. Nuwe wetenskaplike bewyse kom nou ook aan die lig van die voordele wat oefening vir jou geestesgesondheid inhou.

En die heel belangrikste voordeel van oefening - dit verbeter die werking van jou brein. 'n Bietjie oefening en jou rapportpunte lyk beter - glad nie 'n slegte ruiling nie. Raak betrokke en sien die verskil.