Saturday 30 April 2022

HTS se 6e skoolhoof ...

Baie geluk, mnr. Rodgers, met jou aanstelling as skoolhoof en ons vertrou dat, met die hulp en ondersteuning van die gemeenskap, ouers en onderwysers, jy hierdie taak suksesvol sal kan aanpak. Mnr. Rodgers was die afgelope 5 jaar departementshoof by die skool en die laaste ruk waarnemende adjunkhoof.

Ons wens mnr. Rodgers die beste toe vir sy pad vorentoe as hoof. Ons bid vir jou en jou gesin net voorspoed toe en hoop dat jy geluk en sukses in jou persoonlike lewe, saam met die familie, en ook in jou beroep sal smaak. Ons wens is dat hierdie nuwe hoofstuk aan al jou verwagtinge sal voldoen met die wete dat God as kompas jou sal lei.

Baie dankie aan mnr. Henk van Vuuren wat as skoolhoof waargeneem het vanaf Februarie 2021 tot April 2022. Ondanks die moeilike omstandighede en Covid-19 het hy die leisels styf vasgehou en die personeel en leerders gelei.

Klik HIER.