Saturday 9 April 2022

Tannie Hester - waar begin 'n mens?

André van Dyk en Hester Bothma
Dit voel nog so onwerklik ...

Tannie Hester - waar begin 'n mens om tannie te beskryf? 

My pad het in 2004, as 'n graad 8-leerling, met dié van tannie Hester s'n gekruis en van daar af het sy my onder haar vlerk geneem. Ek is ook bevoorreg om 11 jaar saam met haar te kon werk. Was altyd lekker om eers 'n draai in die kantoor te maak en dan gou 'n geselsie aan te knoop ... Óf, wanneer ek by haar kantoor ingestap het, was sy besig om een of ander resep na te slaan. Van kosmaak kon jy haar niks vertel nie!

Personeeluitstappies was altyd iets om na uit te sien as jy weet tannie Hester gaan saam. En, ons plek (Ek, tannie Hessie, Christa, Annelene) was altyd heel agter in die bus. En kon sy ons met stories en grappies vermaak? Altyd vir opwinding gesorg.

Na dié nuus besef ek weereens hoe kort die lewe eintlik is, en hoe kosbaar elke oomblik saam met iemand moet wees. Net gister het ek en sy nog so paar grappe met mekaar gedeel. Nooit het ek gedink toe ek haar gister groet dat dit die laaste "Okay, bye tannie, praat weer" gaan wees nie.

Tannie se plek by HTS gaan verseker leeg wees en die goeie en mooi herinneringe sal altyd by my bly. 

Gaan tannie baie mis.

Rus in vrede, liewe tannie Hester.

André van Dyk

Foto's en boodskappies HIER!