Monday, 3 March 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Eendag kom Jaun by die huis aan en sê: "Pa, Boetie het vandag 'n potlood by die skool gesteel."
"Gaan roep jou broer," sê sy pa.
Boetie kom met lang treë die gang af.
"Faan, het jy vandag 'n potlood by die skool gesteel?" vra sy pa.
"Ja, Pa," erken Faan.
"Hoekom het jy dit gedoen?" wil Pa weet.
"Pa, sien, Juffrou sou my doodgemaak het as ek nie vandag 'n potlood by die skool gehad het nie," sê Faan. "Toe vat ek maar 'n potlood."
"Ai, Boeta, as jy net vir my gesê het, dan het ek vir jou een by die werk gevat," antwoord Pa. 

* Die onderwyser kry die graad 8-outjie wat hom so wangedra aan die nek beet.
"Ek dink die duiwel het jou beet," raas die onderwyser.
"Ek dink ook so," hyg die seuntjie.

* Die onderwyser wil die outjies aan die gang kry en begin die les met 'n vraag aan Kobus.
"Kobus, ken jy al die alfabet?"
"Ja, Meneer."
"Nou goed," sê my dan wat kom na  A."
"Al die ander, Meneer."