Monday, 17 March 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

 * Peter is saam met die skool op 'n sportkamp. Hy stuur vir sy ma die volgende WA.
"Liewe Ma, meneer sê ons geniet die kamp verskriklik baie. Liefde, Peter."

* "Pieta, jy kan nie in my klas slaap nie!" raas die juffrou.
Pieta: "As juffrou sagter praat, kan ek dalk." 

* "Stephan, vertaal vir my in Engels: 'Ek mors papier'."
Stephan: "I write exams."