Monday, 10 March 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* "Koos, hoe het jy op skool gevaar?"
"Goed. Ek en my broer het nooit minder as 90% gekry nie. Hy 80% en ek 10%."

* Die middag na skool, moet die leerders na hul onderskeie buitemuurse aktiwiteite gaan.
Die vier maats besluit om te gaan tennis speel. Watter een is Koos van der Merwe se kind?
Die een met die krieketkolf.

* Jan van der Merwe slaap elke aand met kleurpotlode onder sy bed.
Toe sy broer hom vra wat die rede is, antwoord hy dat hy sy drome wil inkleur.

* Juffrou: "Klein Kosie, hoe spel jy spaghetti?"
Klein Kosie: "S P A  G H E T I E."
Juffrou: "Dis verkeerd".
Klein Kosie: "Juffrou het gevra hoe ek dit spel en dis hoe ek dit spel."