* "Kyk klas," sê die kunsonderwyseres, "dis die werk van Rembrandt. Hy kon met slegs 'n enkele swaai van sy hand 'n frons in 'n glimlag verander ..."
"My pa ook, Juffrou."
* Meneer: "Niemand kan iets verrig deur stil te sit nie."
Sarel: "'n Hoender kan dan, Meneer."
* Die student bel die universiteit om te hoor van sy verhandeling wat hy lank gelede ingehandig het.
"Was dit Geskiedenis?" vra die klerk.
"Nie toe ek dit ingehandig het nie."