Monday, 21 April 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

 * Student: "Prof, hoe lank kan 'n mens leef sonder 'n brein?"
Professor: "Ek weet nie, hoe oud is jy?"

* Geskiedenisonderwyser: "Wat kan julle my vertel van die presidente van die agtiende eeu?"
Leerder: "Hulle is almal dood."

* "Hoeveel keer het jy pak op laerskool gekry?" vra die buurman vir die nuwe intrekker.
"Ek weet nie. Ek het my nie gesteur aan dinge wat agter my rug gebeur het nie."