Monday, 28 April 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Onderwyser: Waarom al die aanhalingstekens op jou antwoordstel."
Student (eerlik): "Erkenning aan die leerder wat voor my gesit het."
 
* Vier leerders daag baie laat vir die eksamen op. Hulle blameer die taxi en sê dat die taxi op pad skool toe 'n pap wiel gekry het. Die onderwyser laat hulle in die eksamenlokaal in en deel aan elkeen 'n antwoordblad sonder 'n vraestel uit. Hy laat elkeen in 'n hoek sit en sê vir hulle dat hulle net een vraag hoef te antwoord.
"Watter wiel van die taxi was pap."

* 'n Onsuksesvolle verkoopsman besluit om liewer 'n polisieman te word. Na 'n maand vra 'n vriend van hom hoe hy die nuwe werk geniet.
"Ek hou daarvan," sê hy. "Die geld is nie te wonderlik nie en die ure is 'n bietjie sleg, maar wat fantasties is, is dat die kliënt altyd verkeerd is."