* 'n Applikant vir 'n lening by die finansieringsmaatskappy moes soveel vorms invul en vrae beantwoord dat toe hy klaar was daarmee kon hy nie eers onthou waarvoor hy die geld wou leen nie.
* Twee graad 10's is ernstige besig om van mekaar in die automotive-werkswinkel te verskil.
Stelling: 'n Mazda is beter as 'n Rolls Royce.
Die bewys: Niks is beter as 'n Rolls Royce nie, maar 'n Mazda is beter as niks.
* Mike jr. neem aan die ATKV se spelkompetisie deel. Die vraesteller begin met 'n maklike vraag om die leerders op hulle gemak te stel.
"Spel die woord verf."
Mike jr. dink so 'n oombliktoe vra hy: "Watter kleur?"
* Hierdie volgende situasie het hom afgespeel voor die tyd van Google.
Deo se seuntjie kom huis toe met 'n baie swak rapport. Baie ontevrede eis sy pa 'n verduideling.
"Dis omdat ek nie 'n ensiklopedie het nie, dat ek so swak vaar," verduidelik die seuntjie.
"Dit sal die dag wees!"roep Deo vies uit.
"Jy kan skool toe loop net soos al die ander kinders."