Monday, 12 May 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* 'n Genooide motiveringspreker praat met een van die matrieks uit die gehoor nadat hy byna twee uur agter die mikrofoon was.
"Hoe het my my toespraak gevind?" wil hy weet.
"Werklik verfrissend," antwoord die matrikulant.
"Werklik?" vra die spreker opgewonde.
"Sonder twyfel," antwoord die leerder. "Ek het soos 'n nuwe mens gevoel nadat ek wakker geword het."

* Sommige maande van die jaar het 31 dae. 
Ander het 30. 
Hoeveel het 28? 
Een.
Verkeerd.
Almal.

* In een van die Welkomse hoërskole is daar by 'n leerder in graad 11 'n mate van verwarring oor wat nou eintlik met die spesifieke vraag in 'n Biologie-vraestel bedoel is.
Die vraag was: Noem 'n voorbeeld van 'n vlieënde soogdier.
En die antwoord wat die onderwyseres ontvang het: 'n Lugwaardin.