* "Wat is sewe plus sewe, Jannie?"
"Twintig, Juffrou!"
"Verkeerd!"
"Sê vir my wat is sewe plus sewe, James?"
"Woensdag, Juffrou!"
"Verkeerd, James!"
"Wat sou jy sê wat is die antwoord, Johan?"
"Dis veertien, Juffrou!"
"Reg en hoe het jy op die antwoord gekom?"
"Maklik, Juffrou, ek het net Woensdag van twintig afgetrek."
* "Sarah, wie het die Fillistyne verslaan?" vra die juffrou.
"Ek weet nie, Juffrou, ek stel nie in krieket belang nie."
* George: "Wat sal Pa doen as ek vir Pa sê dat ek 100% vir my wiskundetoets gekry het?"
Pa: "Ek sal 'n hartaanval kry!"
George: "Dan is dit vandag Pa se gelukkige dag!"