Monday, 19 May 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Jerry: "Soos jy weet, het ek my betrekking laat vaar en gedigte begin skryf."
Albert: "En het jy al iets verkoop?"
Jerry: "Ja, my armhorlosie, my aandpak en my tablet."

* 'n Entoesiastiese laerskoolleerder was besig om sy mondeling voor die klas voor te dra oor lugvaart.
"Ons moderne vlieëniers kan enige iets beter doen as 'n voël, en nog meer ook," kondig hy met trots aan.
Van die hoek van die klaskamer, sê 'n ander seun saggies: "Ek wil hom 'n eier sien lê." 

* Ouma Hettie: "Dit is 'n komeet."
Lynette: "'n Wat?"
Ouma Hettie: "'n Komeet, Lynette. Weet jy nie wat is 'n komeet nie?"
Lynette: "Nee, Ouma."
Ouma Hettie: "Weet jy nie wat noem hulle 'n ster met 'n stert nie?"
Lynette: "Natuurlik! Mickey Mouse."

* Pa: "Kyk net na al die rekeninge. Alles gaan net op en op, ek sal bly wees as ek weer iets kan sien wat afgaan."
Seun: "Hier is my rapport, Pa."