Monday, 6 October 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.

* Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter, ek sal nooit doodgaan nie.

* Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.

* Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.

* Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie.

* As jy vir jouself kan lag, het jy altyd iets om oor te lag.