Vir diegene wat gedurende die hele jaar hard gewerk het, is die grootste deel van die werk al gedoen. Maar daar is ander wat 'n bietjie harder sal moet werk. Hierdie eksamen is die maak-of-breek-eksamen van jou lewe, want dit is die sleutel waarmee jy jou toekoms kan oopsluit.
Ongelukkig moet 'n mens ook na die realiteit kyk, want vir sommige leerders is die eindeksamen 'n hekkie waaroor hulle struikel. Dit is nie noodwendig hulle skuld nie. Onmiddellike omstandighede is nie altyd bevorderlik vir sukses nie.
Tekkies, alle oë is op julle om die afgelope twee jaar se suksesverhale te herhaal of te verbeter. Ons beste wense vergesel jul na die eksamenlokaal. Onthou, elkeen van julle is 'n presteerder uit eie reg, ongeag die aantal onderskeidings, die probleme of jou omstandighede.
Viva kennis!