** 'n Aktuaris, 'n beroep wat soms deur mense gevolg word wat nie die persoonlikheid het om 'n rekenmeester te word nie, hou 'n praatjie.
Voor hy by die werklike onderwerp kom, wil hy graag 'n paar interessante syfers met die gehoor deel.
"Uit vorige ondervinding weet ek dat 25% van die gehoor na my luister. 'n Verdere 25% slaap gewoonlik.
50% is besig met dagdromery en beplanning van oorsese vakansies.
Waarop hy by die kern kom: "Daaruit kan ek dus aflei dat 75% van die gehoor my praatjie geniet."
[** Finansies en Tegniek, 9 Augustus 1996]