Monday, 5 January 2026

LOL: Blou Maandag-humor: Wat my ma my geleer het ...

1) Ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
2) Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"
3) Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"
4) Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
5) Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mannetjie!!!"
6) Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"
7) Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tanne tel!"
8) Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"
9) Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"
10) Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"
11) Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie!"
12) Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"
13) Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!"
14) Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is: "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"
15) Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"
16) Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: "Ek sal jou klap dat jy jou ouma vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"