Monday, 16 March 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Wat het die mense gesê van die hond wat verslaaf was aan knoffel?
Sy blaf is baie erger as sy byt.”

* Peter moet tydens ’n kuns en kultuurperiode ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet. Skaars het sy onderwyser die opdrag gegee, of Peter sit tevrede agteroor en verkondig: ''So ja, ek is klaar.''
Die onnie gaan kyk wat hy geteken het.
''Peter,'' begin hy, ''maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie ...''
Peter: ''Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, Meneer.''
Onnie: ''En waar is die hond dan?''
Peter: ''Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie.''

* Hoe weet jy jou hond is stadig?
Hy bring gister se koerant vir jou.