Monday, 23 March 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Vraag: Waarom kry ons dag en nag?
Antwoord: Want die aarde maak een resolusie elke 24 uur.

* Vraag: Is die maan 'n planeet?
Antwoord: Ja, die maan is ’n planeet net soos die aarde, dit is net nog dooier.

* Vraag: Gee die formule om die oppervlakte van ´n sirkel te bepaal.
Antwoord: Paai straal kordaat.

* Vraag: Wat is die verskil tussen poësie en prosa? 
Antwoord: Poësie is wanneer elke reël met 'n hoofletter begin, maar nie by die regterkant van die bladsy uitkom nie.