Monday 19 November 2018

Die appel val nie ver van die boom nie ...

Daar is regtig baie idiome om te beskryf hoe kinders na hulle ouers aard ... partykeer wil nie een van die twee partye dit weet of erken nie.

Dikwels hoor 'n mens ook dat dit in sy gene is, of dat dit in dik strome deur sy are loop ... En partykeer gebeur dit net, omdat nabootsing 'n goeie beginpunt vir enige kleintjie is.

As altwee jou ouers onderwysers is en dit is eksamentyd (soos dit tans die geval is), raak die aandagtyd so 'n bietjie minder, en is TV-kyk maar jou voorland. Die TV-opwinding van vroeër, bereik deesdae gouer 'n laagtepunt en lyk 'n rooi pen baie aantrekliker as die TV. En dit is ook presies wat met die jongeheer Herbst gebeur het. Hy het begin rondkyk vir 'n rooi pen, want dit is blykbaar die beginpunt van mag ... en dit moet hy ten alle koste hê. En terwyl hy sy ouers goed dophou, besef hy dat hy sy hande op 'n pak papiere moet lê. Dit is ook nie so moeilik, want daar lê 'n pak op die tafel. Al hierdie dinge en nog meer gaan deur 'n mens se kop en as 'n mens nog nie eens twee is nie, moet planne baie vinnig gemaak word en soos die geluk dit wil hê, is dit sommer 'n pak vraestelle wat klaar gemerk is ... dit vra net vir 'n handtekening en 'n verstelling of twee en die Kaap is Hollands.

Indien die leser baie deeglik na die foto kyk, is daar geen vorm van ontevredenheid te bespeur by die toekomstige pedagoog nie ... wonder in die stilligheid of dit is wat sy ouers vir sy toekoms beoog??