Friday 11 October 2019

Matrieks groet ...

Die matrieks het vandag gegroet. Landswyd was dit hulle laaste dag. Die matrieks het hulle hemde laat teken en daarna vir 'n geselligheid saam met die personeel in die personeelkamer bymekaar gekom. Daarna is dit die spesiale saalgeleentheid en dan vorm die skool vir hulle 'n erewag as hulle onder deur die klok loop.

Die lesse wat hulle deur hulle skoolloopbaan geleer het, sal hulle hopelik bybly. Sommige matrieks is opgewonde oor hul pad vorentoe en het reeds definitiewe planne gemaak, maar voor hulle daarby kan kom, is daar eers die akademiese eksamenberg wat hulle moet oor.

Die boodskap van die skoolhoof en die pastoor kan soos 'n boekmerk in hulle geheue gebêre word, want raad en seënwense se waarde vermeerder met tyd.

Sterkte met die komende eksamen.