Friday 12 October 2018

Matrieks 2018 - laaste dag ...

Matrieks van 2018, julle laaste skooldag het aangebreek ... uiteindelik! Sommige van julle het julle beste gegee en gaan die eksamen met selfvertroue tegemoet, ander het deur die jaar gespeel en besef nou die erns van die saak ... onthou, dit is nooit te laat nie en dan is daar diegene wat besluit het dat matriek nie al die moeite werd is nie - gaan dink weer en dink vinnig - daar is nog so 'n klein bietjie tyd! Baie sterkte vir hierdie laaste en ook heel belangrikste eksamen!