Sunday 1 May 2022

Viva werkersdag!! Viva matrieks!



Matrieks, julle is in die wonderlike posisie dat julle Maandag kan werk. Luister mooi na die naam van die dag - w e r k e r s d a g!! Dit beteken julle hoef nie skool toe te kom nie, maar jy kan voluit voor jou boeke sit en alles wat jy agter is, inhaal! Jy kan hersiening doen en jouself emosioneel regkry vir die komende eksamen!! Moenie hierdie dag mors op sosiale plesiere nie - behalwe as jy nie belangstel in goeie punte nie, dan doen jy absoluut niks op werkersdag nie!!