Tuesday 12 September 2017

Isaac Akinwotu

Isaac Akinwotu, die jongste leerder wat ooit matriek by HTS geskryf het.
Op 15-jarige ouderdom het hy in 2013 matriek lag-lag geslaag.
Hy word deel van die administratiewe personeel en na 2 jaar slaag hy daarin om 'n beurs te verwerf om verder in die wetenskappe te studeer. (Dit wil voorkom asof leerders wat te jonk is, nie so suksesvol met beurse is nie.)

Duidelik spreek sy uitslae boekdele. In sewe vakke behaal hy onderskeidings, met 'n paar in die 90%. Hier is die man besig met prakties. Isaac, hou so aan - ons hou jou vordering met valkoë dop!