* Pessimiste sien net die donker tonnel vol politieke en ekonomiese probleme waarin ons beland het. Die optimis, daarenteen, sien die lig aan die einde van die tonnel.
Die realis sien die donker tonnel, die lig in die verte, asook die volgende tonnel.
* Hoe noem 'n mens 'n Honda met een sitplek?
Ballade vir 'n enkeling.
* 'n Klein seuntjie het vir sy oupa gevra of hy bang is vir 'n spook.
"Nee, ou seun," antwoord die oubaas.
"Sal oupa sowaar kans sien om een te groet?' wou die knaap weet.
"Natuurlik, as hy nie omgee om so in die hardloop te groet nie."