Saturday 27 July 2024

HTS groet Tyrell

Tyrell was die bemarker en sportbestuurder by HTS Welkom. Hy was 'n bekende en geliefde sanger, wat geen onbekende by die radioluisteraars was nie. Hy was die vorige stasiebestuurder van Radio GoldFM en 'n gewilde omroeper.

Dit is met groot hartseer dat ons die skool se vlag halfmas vir jou laat hang - 'n kollega, 'n vriend en 'n omgeemens wat altyd bereid was om die ekstra myl te loop. Ons sal jou altyd onthou vir jou positiewe persoonlikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid en jou lewensblyheid  - jou plek by die skool is leeg.

Tyrell was 'n natuurlike motiveerder en deel van sy lewensuitkyk was: Your flaws are the stepping stones towards becoming a better version of yourself.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word vir sy familie toegebid. Tyrell sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.