Saturday 21 September 2024

HTS groet Kabelo Moroka

'n Graad 12-leerder, Kabelo Moroka, is Sondag, 15 September 2024 oorlede. HTS se vlae hang halfmas vir jou! Die kunstenaar in jou het Sondag net stil geword en nooit weer sal jy 'n potlood optel om jou gevoelens op papier uit te druk nie. Jy het jou tekentalent in graad 4 ontdek en dit het jou passie geword. Sonder kunsopleiding het jy die talent gehad om emosie en gevoel in jou werk te sit. Jy het ook gesê dat as jy teken jy vryheid ervaar wat andersins nie moontlik was nie. 

Vandag het jou maats en familie jou gegroet. Te vroeg ... te gou!

Rus in vrede!

 

Klik HIER om een van Kabelo se kunswerke te sien.

Dankie, Israel Xaba, vir die foto.