Tuesday 9 July 2024

Kwartaal 3 - die laaste hekkie voor die eindeksamen

Wat is 'n moontlike modus operandi vir 'n matriekleerder gedurende die derde kwartaal?

Die volgende punte is die goeie raad van 2008 se hoofseun:
** Dis nog nie te laat om vandag te begin nie, maar dan moet jy dubbeld jou gewig ingooi. (Dit kan tydsgewys op 'n stadium aan die onmoontlike grens om alles te wil leer.)
** Begin dadelik beplan en te prioritiseer.
** Kry onmiddellik 'n studierooster as jy nog nie een het nie.
** Kry 'n studiemaat wat jou kan help met die vakke waarin jy nie na wense presteer het nie. (Maar moenie sy tyd mors nie, hy moet ook leer,) 
**  Verpligtinge soos sport, kultuur, familie, vriende is NIE ‘n verskoning vir ‘n swak akademiese vertoning nie. Bestudeer jou rapport en neem sinvolle besluite. Jou familie en vriendekring moet bewus wees van jou besluite t.o.v. jou akademie.  
** Dis JOU verantwoordelikheid om tydens noodsaaklike verpligtinge of 'n krisis akademiese voorsorg te tref en vooruit te werk, of om agterna so gou as moontlik verlore werk in te haal.
** Moenie verskonings uitdink hoekom jy nie tyd aan jou akademie kan spandeer nie - verskonings is 'n teken dat jy glad nie ernstig oor jou uitslae en jou toekoms is nie.
** Die skool bied ongelooflik baie geleenthede en hulp aan leerders - aantekeninge, ekstra klasse en studiemateriaal. Maak gebruik daarvan.
** As jy emosioneel af voel, gaan praat met een van die onderwysers of pastoor. 
** Sterkte vir die laaste paar weke en byt vas! Daar is 1000de matrieks wat op hierdie selfde oomblik belangrike besluite oor hulle punte moet neem.

[Gaan google die hoofseun van 2008 en besluit of dit goeie raad is.]