Saturday 6 June 2020

Die wiskunde-klas met die aura ...

Mev. Marlene Viljoen is kliphard aan die werk aan die siel van die wiskunde klas. Die banke is mooi geverf en elkeen pryk met 'n yslike nommer. Daarby fluister die mure allerhande wiskunde-termes. [Dit is slegs hoorbaar vir hulle wat doodstil sit en luister.]

Mev. Viljoen sê dat sy nog nie klaar is nie, want alle planne vat tyd. Sy wil egter hê dat haar klas vir jou die gevoel moet gee van wiskunde die oomblik as jy in haar klas instap, soveel so dat die leerders sommer lus gaan wees om wiskunde te doen.

Na dié inperking, is dit duidelik dat die leerders hierdie wiskunde klas gaan geniet. Viva wiskunde.