Monday, 13 November 2017
Sunday, 12 November 2017
Saturday, 11 November 2017
Friday, 10 November 2017
Thursday, 9 November 2017
Wednesday, 8 November 2017
Tuesday, 7 November 2017
Monday, 6 November 2017
Sunday, 5 November 2017
Saturday, 4 November 2017
Friday, 3 November 2017
Thursday, 2 November 2017
Wednesday, 1 November 2017
Tuesday, 31 October 2017
Monday, 30 October 2017
Sunday, 29 October 2017
Jeugkonferensie by Stilfontein!!
Nog studiewenke...
1. Studeer in ’n ruimte waar daar genoeg lig en vars lug is.
2. Organiseer jou werksruimte sodat jy weet waar alles is.
3. Probeer om slegs die
vak waaraan jy op die oomblik werk se materiaal op jou lessenaar te hê.
4. Moenie jou studiemetode met dié van ander vergelyk nie.
5. Vind
uit watter metode vir jou werk en hou daarby. Moenie dat ander leerders se
indrukwekkende vloeidiagramme of kleurvolle vlaggies jou intimideer nie – nie
almal se breine absorbeer inligting op dieselfde manier nie.
6. Moenie te lank aaneen leer nie – neem gereeld kort breke en
moenie in dieselfde vertrek bly nie. Gaan loop ’n draai en rek jou bene.
7. Slaap genoeg. Neem jou produktiewe tyd in ag – sommige mense
is meer produktief in die oggend en moet vroeër gaan slaap; ander is meer produktief
in die aand en moet dan eers wanneer hulle genoeg slaap ingekry het, opstaan.
8. Moenie die uitwerking van gesonde kos en genoeg water
onderskat nie.
9. Indien dit nuttig is vir jou om saam met ander te leer, reël
produktiewe studiesessies met een of meer ander mense nadat almal genoeg tyd
gehad het om op hul eie deur die materiaal te gaan. Deur die werk met ander te
bespreek en probleemgebiede te identifiseer, kan jy die inligting vaslê en hoef
jy nie op jou eie aan te sukkel nie.
10. Doen beplanning! Besluit vooraf watter werk jy op ’n gegewe
dag gaan doen; weet wanneer jy jou volgende vraestel skryf; weet watter inhoud
in die vraestel gedek gaan word; en daag betyds by die eksamenlokaal op.
11. Moenie jou ore uitleen aan mense wat paniekbevange raak voor
’n vraestel nie – al beteken dit jy moet hulle vermy voordat jy by die
eksamenlokaal ingaan.
12. Vra hulp as jy voel jy het dit nodig – enige hulp kan die
verskil tussen 69% en 70% of 79% en 80% beteken.
13. Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word deur sosiale
media soos Facebook, Instagram en YouTube nie. Indien dit nodig is, teken uit
vir die duur van die eksamen. Daar sal na die eksamen baie tyd wees om in te
haal.
14. Moenie tydens die eksamen probeer inhaal op TV-reekse wat jy
nog nie gekyk het nie!
Saturday, 28 October 2017
Die top 10-Tekkies besoek Gold Reef City
Die 40 top 10-leerders het hierdie dag geniet - weg van boeke, klokke en huiswerk... miskien is dit glad nie so 'n slegte idee om te sorg dat jy altyd onder die top 10 bly nie!! Mnre. JD van den Berg en Willem Grobbelaar het heerlik meegedoen aan al die pret... Het iemand 'n foto van mnr. Grobbelaar op die pienk perdjie?? Stuur dit onverwyld na die redaksie van Tekkie Tonic.
Friday, 27 October 2017
Thursday, 26 October 2017
Wednesday, 25 October 2017
Tuesday, 24 October 2017
Monday, 23 October 2017
'n Batterylaainaweek...
Na die matrieks gegroet het, het die personeel in die bus geklim om hulle batterye op 'n wildsplaas anderkant Kroonstad te gaan herlaai!!
Sunday, 22 October 2017
Agostinho Nhancale - Dux 2017
HTS se Dux-leerder vir 2017 is 'n lang man... 'n stil man... wat ongemerk sy akademiese merk gemaak het en die verhoog met 'n
armvol trofees verlaat het. Sy leuse is nie verniet: "Laat jou sukses die praatwerk doen" nie.
Hy het 'n
halfdosyn onderskeidings behaal en pryse vir die volgende vakke gekry:
Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en
ontwerp, lewensoriëntering, Engels Huistaal, Wiskunde en Fisiese Wetenskap. Hy
het die HTS wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in wiskunde gekry, asook die
HTS wisseltrofee vir Elektriese Tegnologie vir die hoogste gemiddeld in hierdie
vak.
Die Christo
Langeveld wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in enige werkswinkel is ook
deur hom ingepalm gevolg deur die Marie-Louise Lamprecht wisseltrofee vir die
hoogste gemiddeld vir Fisiese Wetenskap. Hy kry ook die HTS wisseltrofee vir
die hoogste gemiddelde punte in lewensoriëntering. Die gesogte Sergei
Merkuloff-wisseltrofee vir die beste vordering in Afrikaans is ook deur Agostinho
van die verhoog gedra. (Hierdie wel ter tale Rus, wat SA in 1994 besoek het,
het die trofee geskenk nadat hy baie beïndruk was met onderwys in SA)
Subscribe to:
Posts (Atom)

















































