Tuesday 4 August 2015

Aurora Laerskool se 0/13-rugbyspan!

Aurora Laerskool se 0/13-rugbyspan het hulle liga gewen. HTS Welkom het die spannetjie besoek en sakke aan die buurskool geskenk.

Saam met die span is mnre. Henk Jansen van Vuuren (HTS), WP van Vuuren (afrigter 0/13) en Francois Crauwcamp (HTS). Mnr. WP van Vuuren is ook die afrigter van die Craven-weekspan.

Op die foto: Mnre. Henk Jansen van Vuuren, WP van Vuuren en Francois Crauwcamp saam met die rugbyspan.