Thursday 20 August 2015

Oopgevlek tot op die been!

Elke organisasie of vereniging het vier soorte bene:

Die WENSBEENTJIE wat al hulle tyd deurbring deur te wens dat iemand anders hulle werk sal doen.

Die KAKEBEEN wat aanmekaar praat-praat-praat en niks anders doen nie. Dikwels is hulle boonop beledigend en afbrekend.

Die KNEUKELS wat alles probeer plat slaan wat ander mense met moeite probeer staanmaak.


Die RUGGRAAT wat onder die las inbeur en die werk gedoen kry ten spyte van al die ander bene en wat hulle doen.