Friday 14 August 2015

HTS se nuwe verteenwoordiger!


Pieter Pretorius volg in sy broers se voetspore in die MJC!
Pieter Pretorius, 'n graad 10-leerder, is HTS se nuwe verteenwoordiger in die MJC.

Pieter is 'n veelsydige leerder, wat nie net eerste staan in sy graad nie, maar wat ook 'n sterk belangstelling in entrepreneurskap het. Vanjaar was die tweede keer dat hy aan die SAGE Suid-Afrikaanse kampioenskappe (SAGE - Students for the Advancement of Global Entrepreneurship) deelgeneem het. Hy het provinsiale kleure vir skaak en help ook in sy vrye tyd om geld vir Claws in te samel.