Thursday 29 October 2015

Die viermanskap wat die aflos met vlieënde vaandels voltooi!

Tshepo Raseboka, Siyabonga Nyati, Sizwe Mtshambela en Monde Nyamende van HTS Welkom verstaan mekaar sommer so in die hardloop. Dit lyk asof hulle dalk hierdie afgelope twee jaar 'n wenresep kon ontdek het, maar 'n sportman se werk is mos nooit klaar nie!!  

Hierdie talentvolle viermanskap het tydens die interhoër in 2014 in Bloemfontein die rekord vir die aflos o/16 opgestel. Vanjaar het hulle hul eie rekord in Bloemfontein tydens die interhoër verbeter. ‘n Geskiedkundige oomblik!

Hulle het met Goudveld Hoërskool se Aandbyeenkoms (28.10.2015) die o/17-aflos in ‘n uitstekende tyd gehardloop. Vier sportmanne om in die toekoms dop te hou.