Saturday 3 October 2015

Vrystaat min water en baie riool...

Dit is ongelukkig ‘n opsomming van die huidige feitelike situasie in die Vrystaat. Bloemfontein as metro en hoofstad het erge waterbeperkings ingestel, met weinig vooruitsig vir ‘n langtermynoplossing, terwyl die meeste Vrystaatse dorpe chroniese drinkwatertekorte ondervind. Volgens ‘n raming van die Vrystaatse tak van die Dept. van Waterwese en Sanitasie is R770 miljoen nodig om die onmiddellike waterkrisis in die provinsie die hoof te bied.

Die Vrystaat is amptelik tot droogtegeteisterde rampgebied verklaar. Boonop veroorsaak verouderde infrastruktuur dat ongeveer 45% van water tussen riviere en opgaardamme verlore gaan. Inmiddels is tydens ‘n onlangse sitting van die Nasionale Raad van Provinsies in Bloemfontein gesê dat wydverspreide riool wat aanhoudend in riviere en spruite in die provinsie beland, veroorsaak dat die provinsie as’t ware in riool begin wegsink. Daar is ‘n agterstand van meer as 32 000 emmertoilette wat uitgewis moet word, maar daar is nòg water nòg geld om dit te implementeer.

(Vrystaat Sake Bulletin)