Friday 28 July 2017

67 minute vir...


Katleho Letsaba, 'n graad 11-leerder by HTS, het 'n besoek aan House of Hope gebring. Hy het nie net 67 minute van sy vakansietyd aan die kinders afgestaan nie, hy het ook kos en ander bederfbare produkte geskenk. 'n Baie mooi gebaar, Katleho!!!
Madiba het vir haar geleer om anders na die lewe en die lewe se probleme te kyk. “Jy moet jouself kondisioneer om aan ander mense te dink en nie net aan jou eie behoeftes nie. Dit kom nie natuurlik nie. Dis ’n oorlewingsinstink om foute te sien, sodat jy daarop kan verbeter of dit kan vermy. Maar die lewe kan nie vandag meer so werk nie. Dit verg moeite om nuwe gewoontes aan te leer en ons almal moet elke dag nadink oor ons denkwyses.” Die eer vir dié insig kom haar nie toe nie. “Dis Madiba se invloed. Vir hom het dit natuurlik gekom, maar vir die meeste van ons is dit uitputtend omdat jy jouself aanhoudend moet herinner om só te dink. Jy moet elke dag weer van voor af probeer.”

Zelda le Grange - Sarie 18 Julie 2017