Thursday 26 April 2018

Matrieks: 'n Oplossing op die horison vir 2019...

Die FAK het 'n opwindende nuwe program ontwikkel vir skoolverlaters en jongmense tussen die ouderdom van 19 en 21 jaar wat op soek is na antwoorde voordat hulle die belangrikste keuses van hul jongmenslewe neem.

Dié program staan bekend as die Horisonjaar en is spesifiek ontwikkel om vir jongmense 'n voorsmakie te gee van wat die wêreld buite klasroosters en eksamens hulle kan bied. Jongmense word binne 'n veilige omgewing blootgestel aan 'n wye verskeidenheid ervarings wat alles daarop gemik is om hulle volle potensiaal te ontwikkel, terwyl hulle dit geniet en nuwe vriende maak. Die program word ondersteun deur verskeie organisasies saam met wie die FAK werk wat onder andere tersiêre instellings soos die NWU, Akademia en Sol-Tech insluit.
 
Vinnige antwoorde op 'n paar kernvrae:
- Wie kan aansoek doen?
Jongmense wat tans in matriek is of reeds matriek geslaag het en tussen die ouderdom van 19 en 21 is.

- Is daar keuring? 
Ja, daar is slegs plek vir 14 jongmense. 

- Hoe lank duur die program? 
10 maande.

- Waar word dit aangebied? 
Udolpho, die FAK se kultuurplaas buite Parys, langs die Vaalrivier. Daar sal egter verskeie ander plekke     besoek word deur die loop van die jaar.

- Wat kos die inskrywing? 
Inskrywing is verniet, maar 'n deposito van R2 500.00 is betaalbaar indien jou aansoek suksesvol is. Die     volle prys sal wissel tussen R80 000 - R100 000 na gelang van die betalingsopsie wat gekies word en die     keuse van aktiwiteite. Die prys is allesomvattend en sluit onder andere alle verblyf, etes en vervoer in.

- Is daar 'n afsnydatum vir inskrywings? 
  Ja, inskrywings moet voor of op 30 April 2018 ingestuur word.

  Die program sal in vier kwartale aangebied word en veral fokus op sewe areas, nl.
1. Ken jouself
2. Wêreldbeskouing
3. Gemeenskapsbetrokkenheid, geskiedenis, taal en kultuur
4. Praktiese lewensvaardighede
5. Loopbaanontwikkeling
6. Netwerk
7. Avontuur

Vir meer inligting oor die Horisonjaar of om 'n inskrywingsvorm in die hande te kry, stuur 'n e-pos aan: christoff@fak.org.za of vul die aanlyn vorm in by die FAK se webbladwww.fak.org.za/horisonjaar