Saturday 14 April 2018

SAGE-komiteelede uit die Tekkie-geledere...

Lesala Khetheng en Afrika Mokhosi
Baie geluk aan die drie manne uit Tekkie-geledere (oud en jonk) wat verkies is tot die verskillende SAGE-komitees.

Mnr. Fanie Pretorius het 'n groot rol vanaf 2012 gespeel in die nis van SAGE, veral in die VS, wat dan ook uitgekring het na die res van die ander provinsies. Deur sy toedoen en herhaaldelike besoeke aan die universiteit, is SAGE die afgelope 4 jaar deel van die universiteit (soos in die VSA en ander lande) en word SAGE vandaar bestuur.

Dr. Thabo Pitse is aan stuur van sake en welbekend onder die SAGE-wêreldorganiseerders. Hy verstaan
Dr. Thabo Pitse saam met prof.
Curtis DeBerg, stigter van
SAGE in VSA
besigheid, die ekonomie, jongmense, maar veral is hy bekommerd oor die toekoms van die jongmense en vandaar sy enorme insette in SAGE.

Mnre. Lesala Khetheng en Afrika Mokhosi is goed geskool, aangesien hulle altwee toe hulle nog leerders was, spanlede in verskillende spanne van HTS was. Mnr. Fanie Pretorius was daardie tyd dan ook die skoolorganiseerder.

Mnr. Afrika Mokhosi is nou lid van die Alumni-komitee van die VS, mnr. Lesala Khetheng is nou die provisiale koördineerder (hy het mnr. Fanie Pretorius se pos) en mnr. Fanie Pretorius is nou deel van die nasionale komitee as koördineerder.

'n Stresvolle jaar lê vir hierdie manne voor, want die 2018 Wêreldbeker word vanjaar vir die tweede keer in Suid-Afrika aangebied. Die eerste keer was in 2010 in Kaapstad.

Baie geluk aan hierdie drie manne, maar ook baie sterkte!!
Mnr. Fanie Pretorius tydens een van die strategiese
beplanning sessie vir die nasionale kompetisie en
die Wêreldbeker 2018.