Saturday 16 June 2018

Jeugdag

Benjamin Mbana wat in 2012 ’n BComHons (Belasting)-graad behaal het en wat die 2014-wenner van die Suid-Afrikaanse Ernst & Young (EY) Jong Belastingspraktisyn van die Jaar (YTPY)-toekenning ontvang het, was in Desember 2014 in Amsterdam aangewys as die wenner van die 2014 Internasionale EY YTPY-toekenning, is 'n rolmodel vir almal wat uit moeilike omstandighede kom.

Ten spyte van al die terugslae in sy lewe, het hy uitgestyg in die lewe. Hy sê: ‘Sukses is ’n reis, nie ’n bestemming nie. Jy is die eindproduk van jou eie besluite. Jy kan niemand anders vir jou omstandighede blameer nie.’

Mnr Mbana het ook gesê dat ’n mens passievol moet wees oor wat jy doen en dat passie ’n algemene kenmerk is van mense wat as suksesvol beskou word.

Die Direkteur van Biblioteekdienste, mnr Robert Moropa, het met mnr Mbana saamgestem en gesê dat hy ’n merkwaardige jong man is wat nie sy tyd en energie verkwis het deur sy ouers, onderwysers, die regering of sy agtergrond en omstandighede te blameer nie. Die jeug kan van hom leer om vir hulself doelwitte te stel en dit met passie, dissipline en toewyding na te streef. ‘Suid-Afrika het ’n behoefte aan jong rolmodelle soos mnr Mbana wat hard werk en goeie resultate behaal,’ het hy bygevoeg.