Saturday 2 June 2018

Tekkies se sopprojek...

1 Junie 2018 het mnr. Pule Mokhali en van sy leerders 'n tasbare verskil aan mense se lewens gemaak. Hierdie koue wintersdag het warm in die maag van die  werklose mense gaan lê, toe hulle elkeen 'n warm beker sop en broodjies gekry het. 30 mense het gebaat by hierdie uitreik.

'n Belangrike lewensles is ook by die leerders tuisgebring dat dit belangrik is om uit te reik na hulle wat minder bevoorreg is en dat jy wat meer het, met dankbaarheid moet leef.

'n Groot Tekkie-dankie aan Standard Bank wat ruimskoots gehelp het om hierdie projek 'n groot sukses te maak!