Tuesday 19 June 2018

VS-skaakkampioenskappe

Skoleskaak VS-kampioenskappe is die afgelope naweek by Black Mountain, Thaba Nchu gehou. 240 entoesiastiese spelers het deelgeneem. Daar is O/15- en O/18-spanne gekies vir die Winterspele wat van 9-14 Julie in Durban gehou word.

Mnr. Fanie Pretorius president van VS-skoleskaak was die hoofarbiter tydens hierdie geleentheid.