Thursday 17 January 2019

Die pad na 'n man se spiere, loop deur sy maag ...

Hierdie is nou wel 'n effense verdraaiing van die oorspronklike idioom, maar die boodskap is amper dieselfde. 'n Baie flukse Tiaan Schourie het nie gehuiwer om boeke na C2 aan te dra nie, trap op en trap af, heelpad vriendelik, vol energie en grappies ... en hierdie daad het nie ongesiens by mev. Alet Harding verby gegaan nie.

Energie wat vir die gebruik van kennis opgebruik word, moet definitief teruggesit word en daar is geen beter manier as 'n tuisgemaakte "Harding"-ontbyt met spek, eiers en roosterbrood nie. 

Dankie, Tiaan, dat jy so getrou op jou pos was gedurende die eerste twee dae en berge boeke verskuif het. En 'n Tekkie-dankie aan mev. Alet vir die spierenergie wat via die maag gestuur is!