Tuesday 8 January 2019

Tekkie-simpatie ...

Linda Bester was van 1967 verbonde aan HTS Welkom. Sy was vir baie jare die bibliotekaresse, voordat sy die boekstoortannie eword het.

Vir 48 jaar het sy onderwysers sien kom en gaan en duisende leerders het hulle boeke by haar gekry. Verhaaltjies en staaltjies oor die beginjare van die skool was in haar geheue gegraveer.

Een van haar groot liefdes was lees. Sy het 'n sekretariële pos in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad beklee. Dié hospitaal waar dr. Chris Barnard, die dokter wat die eerste hartoorplanting in die wêreld gedoen het, gewerk het. Sy het dus met hierdie beroemde man gesels as hy 'n draai in die kantore gemaak het.

En nou is haar stem stil ...




Linda saam met haar twee kinders, Estia en Nico. Estia is
huidiglik deel van die personeel en Herman Greeff (kleinseun)
is ook 'n oud-Tekkie.

Dankie, André van Dyk vir die foto's